Refund policy

Die Boetiek - Terugbetaling & Terugstuur Beleid

Ons by Die Boetiek streef daarna om elke aankoop 'n plesier te maak. As jy egter nie tevrede is met jou aankoop nie, help ons graag.

Terugstuur Voorwaardes

  • Jy kan items binne 14 dae vanaf die ontvangsdatum terugstuur.

  • Items moet:

    • Ongebruik wees

    • Onbeskadig wees

    • In die oorspronklike verpakking wees

    • Met alle etikette en bykomstighede

Items wat nie teruggestuur kan word nie

  • Oorbelle of ander higiëniese items

  • Items wat aan promosies of afslag onderhewig was (behalwe indien defektief)

  • Spesiale bestellings of gepersonaliseerde items

Terugbetaling

  • Terugbetalings word slegs gemaak sodra ons die item(s) ontvang en inspekteer.

  • As die item voldoen aan die voorwaardes, sal die terugbetaling binne 7 werksdae via die oorspronklike betaalmetode geskied.

  • Let asseblief daarop: Versendingskoste is nie terugbetaalbaar nie, tensy die fout aan ons kant was.

Omruilings

  • Indien jy 'n ander grootte of styl wil hê, kan jy die item terugstuur en 'n nuwe bestelling plaas.

  • Omruilings hang af van beskikbaarheid van voorraad.

Defekte of Verkeerde Items

  • Kontak ons binne 48 uur na ontvangs indien die item defektief of verkeerd is.

  • Ons sal die probleem so vinnig as moontlik regstel – óf deur vervanging óf deur 'n volle terugbetaling.

Hoe om 'n terugstuur te begin

Stuur 'n e-pos aan dieboetiek@hotmail.com met die volgende besonderhede:

  • Bestelnommer

  • Rede vir terugstuur

  • Foto's van die item indien nodig

Ons span sal binne 1-2 werksdae terugvoer gee.


Die Boetiek behou die reg voor om enige terugstuur te weier indien die item nie aan bogenoemde voorwaardes voldoen nie.